27. Besoekers en ‘n mooi babatjie

leandraVir weke het ek net ‘n handjie vol mense in die hospitaal gesien. Slegs oupas en oumas kon kom kuier en dit was wonderlik dat hulle moeite gedoen het omtrent elke naweek te kom. My man se tannie het so nou en dan kom inloer en sy is net wonderlik. Sy het vir my ‘n lekker warm kamerjas gebring sodat ek maklik daarin kon Kangaroo, lekker eetgoedjies en spesiaal-voel goedjies gebring…deur hierdie hele storie is sy my nr.1 engelmens…by ver.

In die week was dit egter net my man.. Ek is baie lief vir hom, maar ek het my vriendinne vreeslik gemis. Die hartsmense by wie mens bietjie kon stoomafblaas of kan lekker lag of net ‘n bietjie kan skinder. Dit is vreemd…mens praat anders met jou man as met jou vriende. Ek onthou hoe ek nie al die negatiewe goed met hom wou deel nie, want ek het gevoel hy worstel met genoeg. En dis ook moeilk wanneer hy net vir ‘n uur op ‘n dag by jou is. Dis asof mens net oppervlakkig gesels, alhoewel daar stormwaters onder die brug deurloop waaroor mens nie op daardie oomblik praat nie. Later toe Lisa al vir ‘n paar weke by die huis was, het ons eers ordentlik begin praat. En ek dink baie goed wat gebeur het, is nogsteeds nie deurgepraat nie.

Ek wou so graag (soos alle mammas) Lisa aan my vriendinne voorstel. Ek was so trots op hierdie klein babatjie en wou haar met die wêreld deel. Ek het egter ook geweet dat haar immuunstelsel bitter laag is en dat besoekers maar liefs vermy moet word. So ek het verstaan dat ons maar moes wag en dat dit, soos alles anders, op sy tyd sal gebeur.

Toe ons goed aangaan met die cupfeeding, het hulle Lisa se pypie (vir die tubefeeding) heeltemal uitgehaal. Dit was nog ‘n mylpaal wat gehaal is…en sy was mal daaroor. Sy was sommer dadelik meer gelukkiger en het rustiger gelyk (sy het die pypie gehaat en heeltyd daaraan getrek). Met die pypie wat uit is, kon ons toe ook stadig maar seker ander besoekers laat kom kuier. Dit was vir my wonderlik.

Vir weke, sien my vriende vir Lisa slegs op ‘n foto en hulle het geen benul hoe klein sy regtig is nie. Ek was kinderlik opgewonde toe my vriendinne kon kom inloer. Dit was asof ek vir weke ‘n nuwe speelding het wat ek vir niemand mag wys nie. Ek het gestort (iets wat mos maar opsioneel was) en het my hare gekam en selfs bietjie make-up aangesit.

Dit was presies wat ek nodig gehad het. Normale mense wat oor normale goed praat. Mense wat my so goed ken en wat in my oë  kan sien wat binne in my hart aangaan. Mense by wie ek 100% net myself kan wees.

Almal wat kom kuier het se reaksie was omtrent dieselfde…”Sjoe, maar sy’s kleiner as wat ek gedink het.” Party het gesê sy is mooi. En ek onthou hoe ek gedink het hulle jok, want nie eers pasgebore babas is vir my mooi nie…wat nog te sê van ‘n premie met ‘n groot kop en klein maer lyfie.

Vir my man was sy van die begin af mooi. My ma vertel my dat hy die aand toe sy gebore was uit die hysbak in die hospitaal geklim het. Toe hy sy ma en al die ander familie daar in die voorportaal sien het hy glo aan die huil geraak en net gesê: “She is so beautiful”. Vir my was sy nie mooi nie. Vir my het dit nogal lank gevat voordat ek eerlikwaar gedink het sy is mooi. Omtrent 3 maande. Ek het vir lank gedink daar is iets fout met my. Hoe kan my eie dogtertjie nie vir my mooi wees nie. Ek het die bybelversie onthou wat sê “you are beautiful for you are fearfully and wonderfully made.” En toe, net randomly op ‘n dag…het sy vir my mooi geraak. En nou is sy vir my die mooiste klein dingetjie op aarde. beautiful

Advertisements

4 thoughts on “27. Besoekers en ‘n mooi babatjie

  1. Wow Charme, ek het sopas jou HELE blog nou gelees… gelag, gehuil, bewonder!! Jou ondervinding en die feit dat jou hart so gewillig en liefdevol (en honger) is om hierdie ervaring te deel en dokumenteer is so ‘n groot inspirasie. Nie net oor wat jy deur is ‘n inspirasie vir ander soortgelyke mammas kan wees en is nie, maar ook vir potensieële mammas en sommer net vir mense om te besef hoe kosbaar elke liewe lewetjie op die aarde is (ongeag jou agtergrond, ras, of enigiets soos daai). Dankie hiervoor 🙂
    Sommer net so ietsie oor my “premwees” – Ek was self ‘n prem babatjie en my ma het my vertel ek het maar net 975g met geboorte en ook daarna eers gewig afgeval voor ek begin optel en groei het – baie goedjies het met my ook “verkeerd” gegaan en toe ek pre-primêr toe is het ek maar net 15kg geweeg en ek was BAIE kleiner as al die ander kindertjies. My ma het vir my altyd gesê, maak nie saak hoe klein jy is nie – maak seker mense sien dat jy ‘n GROOT hartjie het. Dit bly my altyd by, tot vandag toe nog. My een long is baie onderontwikkel en ek het asma baie erg gehad op ‘n stadium (soos ek nou ouer geword het het dit al BAIE verbeter), ek was baie siek gewees hiermee as kind en tiener, maar ek is werklik verder ‘n baie gesonde kind gewees. Ek moes soms ‘n spottery aanhoor oor ek klein is, maar op die ou einde het dit my net ‘n sterker mens van binne af gemaak. Ek weet en glo in my hart, Lisa is en gaan nog ‘n pragtige mooi meisiekind wees en word – en al is sy “kleiner” as ander in postuur, sal mense kan sien dat sy ‘n GROOT hartjie het, omrede haar mamma (en pappa) so amazingly groot, goeie hart het! xx

    Liked by 2 people

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s