19. Oop oë

vigsTydens my hospitaalkuiers het ek baie met die susters gewerk. Daar was een wat veral diep in my hart gekruip het. Suster Sophie (of Dr. Sophie soos ons haar gedoop het) was net ongelooflik. Sy werk al 14 jaar in die NICU en is absoluut fenominaal in haar werk. Haar liefde vir die babatjies is hartroerend en baie spesiaal. Sy het ons altyd in detail vertel hoe dit met Lisa gaan. En sy het altyd ekstra tyd gemaak om ons gemaklik te laat voel. Sy was altyd vol gepaste grappies en het so mooi met die babatjies gewerk.

Terwyl ek eendag met Lisa sit, sien ek hoe twee mammas in ‘n kamertjie ingaan. Dit sê “Pasturising station”. Ek sien hulle stap met hulle botteltjies melk daar in en kook die melk in ‘n potjie. Gedurende die week sien ek hoe omtrent elke ma in die NICU daar ingaan en dieselfde doen. Ek vra toe eendag vir Suster Sophie wat hulle doen en of ek my melk ook moet pasteuriseer. Sy lag vir my en sê: Nee, dis net vir HIV + mammas. My mond val oop en ek is nogal geskok oor die feit dat 80 % van die mammas daar almal HIV + is.

Hoe is dit moontlik? En my oë gaan skielik oop vir die realiteite van ons wêreld. Ek is heeltemal bewus van VIGS en is heeltemal bewus dat baie mense dit het. Dit was net nog nooit so voor my gebring nie. Ek ken nie rerig iemand met VIGS nie en al wanneer ek daarmee te doen het, is wanneer ons in LO vigs strikkies maak of wanneer ons vir die VIGS weeshuis klere vat. Hier is meeste van die mammas HIV+ en hulle moet nog daarmee ook worstel.

Ek het skielik besef hoeveel ek het om voor dankbaar te wees. Dit het my met nuwe oë laat kyk na ons situasie. Skielik was dit nie meer vir my so erg om ‘n bitterklein babatjie te hê nie. Gelukkig hoef ek nie ook my melk te pasteuriseer nie.

Nog iets wat my oë bietjie oopgemaak het, was toe ons 2 afsonderlike kere ‘n AFBOB man raakgeloop het. Dit is eerstens erg as jy by die hospitaal stop en daar staan ‘n AFBOB voertuig in die parkeerarea reg voor die hospitaal. Dadelik weet mens…iemand is dood. Dan is dit ook nogal erg as jy verby die man/mans van AFBOB in die gang stap terwyl hulle ‘n carrycot, wat toegezip is al die pad tot bo, dra.  Want dan weet mens…die “iemand” wat dood is, is ‘n babatjie. En dan is mens weer dankbaar dat die Here ons gesëen het met ‘n babatjie wat lewe. En dan wonder mens hoe lank sy nog gaan lewe.

Dit is snaaks wat vir mens op daardie oomblik belangrik is. Op daardie oomblik maak dit nie saak dat jy honger is nie, dit maak nie saak of mens heelnag niks geslaap het nie, dit maak nie saak wat ander mense van jou dink nie, dit maak nie saak watter kar jy ry of waar jy bly nie, dit maak nie saak of jy VIGS het of nie, dit maak nie saak of jy getrou het voor jy kinders het nie…al wat dat saakmaak is dat Lisa nog lewe.

Van daardie aand af bid ek sommer baie anders. Ek bid meer vir ander. En dat die Here elke dag my oë sal oopmaak vir die rowwe dinge wat rondom ons baie beskutte bestaan aangaan.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s