14. Alles in die lewe is relatief

T330_53759_babies_copy

Terwyl ons in die hospitaal was, het ons besef dat ons mal gaan raak as ons nie iets positiefs gaan doen nie. Almal was heeltyd negatief. As mens vir die dokters vra of Lisa goed doen was hulle antwoord altyd dieselfde: “Sy doen vandag goed, maar vat elke dag op sy eie meriete. More kan sy heeltemal anders wees.” Dit was altyd so negatief en het my altyd laat voel asof haar gesondheid enige oomblik gaan draai. Ek verstaan seker hoekom hulle dit sê, want as iets verkeerd gaan en hulle het gesê sy doen great, is dit seker maar moeilik.

Ek en my man het besluit om al die klein dingetjies te vier. Ons het koek gekoop toe sy 1 week oud is. Toe sy 1 kilogram haal het ons vir die NICU personeel doughnuts gevat. Toe sy 2 weke oud was het ons koekies gebak. En ek dink dit het baie gehelp om ons normaal te laat voel. Dit het mens meer positief gemaak en dit het ons laat uitsien na elke mylpaal.

Tydens my tydjie in die NICU het ek baie dinge ervaar. Ek onthou hoe ek ‘n week na Lisa se geboorte in die hospitaalgang vasgeloop het in my kamermaatjie (die een wat heeltyd gospel musiek geluister het). Ons het mekaar ‘n lekker lang stywe drukkie gegee en toe ek haar vra of haar babatjie gebore is, het haar antwoord my bietjie laat dink. Sy het gesê: “Ja, maar hy is vreeslik klein.” Toe ek vra hoe klein, sê sy: “2.1kg”. Ek wou begin lag, want 2.1kg klink vir my na ‘n huge baba! Maar ek het nie. Ek het saamgesels oor hoe klein hy is en ons het gegroet en verder gegaan. Ek het haar nie weer gesien nie, want hulle (albei ma en baba) is ontslaan.

Daardie naweek is my beste vriendin se baba dogtertjie ook gebore. Ek was so bly vir haar en was so opgewonde dat ons twee se dogtertjies (wat 3 maande uitmekaar gebore moes word, toe net ‘n week uitmekaar gekom het). Sy was 2.5kg en almal het op haar Facebook status gecomment oor hoe klein sy is. Weer het ek gedink “klein?”. Ek het al soveel keer by verskillende mense gehoor hoe klein Lisa was. Maar terwyl ons in die NICU was, het ek ‘n kleiner babatjie as sy gesien. Die kleinste enetjie daar was 625g. Veel kleiner as Lisa.

Dit het my laat besef hoe alles in die lewe in perspektief gesien moet word. Ek het gesukkel om na mense se 2kg (selfs 1.5kg) babas te kyk en te dink aan hulle as klein. Ek en my man lag gereeld saggies as ons hoor hoe nuwe ouers praat van hoe klein hulle 3kg babatjie vir hulle voel. En dit is seker ook OK, maar as mens mooi daaroor dink, was hulle seker klein. Want klein is ‘n relatiewe term. Elke liewe mens se storie is anders en almal se babatjies is spesiaal. Of hulle nou 600g of 4.5kg weeg.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s