12. Kaal babatjie, Blou ligte, Toegemaakte ogies…Geelsug!

10806378_10154990117985179_7081866913763812285_nNa ‘n heerlike aand by die huis en ‘n nag van min slaap (ek moes elke 2 ure wakker word om melk te pomp… dit vat so 20 minute en dan nog tyd vir steriliseer ook) het my eerste “besoekers”-tog hospitaal toe begin.

My skoonouers is huis toe en my man moes weer by die werk wees. My pa het sy pos as bestuurder en hospitaal-maaitjie kom inneem. Ons het die tog hospitaal toe begin. ‘n Roete wat toe nog redelik vreemd vir my was, maar waaraan ek binne die 3 weke in Grootte Schuur gou gewoond geraak het. As jy buite verkeertyd ry, vat dit 40 minute. Die parkering is ‘n groot probleem. Ons het later agtergekom dat die parkering wat die naaste en goedkoopste was, bo die hospitaal op so oop stuk grond was. Dit kos R10 ‘n dag. Dit is gelukkig afdraend stap na die hospitaal toe…middae was moeiliker en met my keisersnee-eina het dit my bietjie stadiger as gewoonlik geneem. Ek was lekker uitasem teen die tyd wat ek die steil bult uitgeklim het.

Die sekuriteit is streng en ons moes elke dag by die hoofingang inteken en het ‘n plakkertjie wat NICU sê gedra. Ek het my twee bottels melk in ‘n Coolerbag gepak gehad en het ander mammas wat deur dieselfde as jy gaan vinnig raakgesien deur die Coolerbaggies of bottels melk wat hulle ook saamdra. Wanneer mens se oë ontmoet, kyk mens na mekaar met meegevoel en ‘n “I get you” glimlag. Sonder om iets te sê, is daar ‘n band. Ongelooflik hoe sulke krisistye mense uit verskillende wêrelde bymekaar bring.

By die deur ingestap is Lisa geskuif na ‘n toe-incubator. Dit is nou die normale incubators wat almal ken. Voorheen was sy op ‘n oop incubator wat maar net soos ‘n tafel lyk. Dit is nogal ‘n skok as jy verby die glasvenster van die vertrek stap en daar lê ‘n oop tafel waar jou babatjie die aand voor die tyd gelê het. Mens kry so koue gevoel oor jou. Daar is vir my verduidelik dat dit ‘n goeie ding is en dat dit beteken sy doen goed. Met die incubator word sy toe ook geskuif van NICU 1 na NICU 2. Dit is die vertrek reg oorkant NICU 1. Daar is ook vir my verduidelik dat hulle jou elke keer nader aan die deur skuif en dat elke kamer nader aan die deur, ‘n bietjie nader is aan huis toe gaan. Ek kon nie wag vir daardie dag nie en was effens jaloers op die ma’s met aansienlike groter babas wat reeds in die kamer by die deur was.

Toe ons by Lisatjie kom (dit was redelik maklik om haar tussen die klomp incubators raak te sien, want sy was die enigste wit babatjie daar), was sy kaal sonder ‘n nappy en haar ogies was toegeplak. Ek het geskrik en was dadelik bekommerd (al was ek in elk geval die hele tyd bekommerd). Hulle het kom verduidelik dat sy geelsug het en dat dit omtrent met alle prem babatjies gebeur. Sy moet onder die blou ligte bly totdat haar tellings weer normaal is. Dit was gerustellend om te weet dat dit heel normaal is, maar dit was steeds vir my bitter erg om haar so te sien lê.

Dit was egter ook ‘n dag van vele eerstes. Ek is vir die eerste keer gewys hoe om haar melk vir haar te gee. Dit was nogals scary. Hulle bring vir jou die regte hoeveelheid melk in ‘n spuitnaald. Jy moet eers een of ander vitamien aanvulling in ‘n koppie by die melk meng, dan trek jy weer die melk met die spuitnaald op. Daar is ‘n buisie (tube) wat deur haar mond na haar maag gaan. Mens konnekteer dan die spuitnaald (sonder die drukker gedeelte) aan die buisie en hou dit in die lig op sodat die melk (3ml) stadig in die buisie tot by haar maag kan loop. Dit het my laat terugdink aan Mnr. Mostert se Skeinat eksperimente en dit het my hartseer gemaak dat ek hier by my klein babatjie staan en haar met ‘n wetenskap eksperiment vergelyk.

Dit was ook vir my erg om te sien hoe min ma’s daar was. Ek wou soveel moontlik tyd daar  spandeer. Daar is baie incubators en min spasie om rond te staan. Die vertrek waar ek was, het 13 incubators gehad met slegs 2 stoele. So dit was moeilik, want mens het die heeltyd in die pad gevoel. Ek moes elke 2 ure pomp en het dit moeilik gevind, want daar was nie plek nie. Ek het die eerste week maar min daar gebly. Ons het een keer deur die dag gegaan en melk gevat (gewoontlik die oggend) en dan het ons winkel toe gegaan om goed te koop (goed soos maternity pads, breast pads en prem nappies). Ek het nog vreeslik gesukkel met my bloeddruk en my pa het aangedring om vir ons ‘n bloeddruk masjientjie te koop wat ons by die huis kan gebruik.

Saans, sodra my man by die huis kom, het ons twee weer gery sodat hy haar ook kan sien. Hy was baie meer ontspanne as ek in die NICU. Ek was skrikkerig om te vat of te vra, maar hy het net met selfvertroue dinge gedoen en gevra. Hy was my rots…rêrig. Ek was so trots op hom en ek het hom so jammer gekry. Hy moes die sterk een wees en my ondersteun, maar hy self moes ook ondersteuning kry en ek was nie in staat om dit vir hom te gee nie. Hy is ‘n ongelooflike pa en het dit toe vir die eerste keer vir my gewys. Hy het die chart met al haar statistieke aan my verduidelik en ons het na die ander babatjies se geboortedatums en gewiggies gekyk. So het ons babas gekry met wie ons Lisa kon vergelyk.

En elke aand het ons uitgestap met ‘n hoopvolle hart en ons trouringe weer aangesit (jy mag nie met juwele in die incubator werk nie). En dit was asof ons elke aand weer aan mekaar beloftes maak, maar die keer ook aan klein Lisa.

Ons het wonderlike vriende en familie en dit was so spesiaal toe vele vriende ons vrieskas vol kos kom pak het. Dit was so gerustellend om te weet dat daar altyd kos by die huis is om vinnig gaar te maak as ons moeg en laat by die huis aankom. Die Here het so mooi na ons gekyk deur hierdie tyd en ons opnuut laat besef  hoeveel ons het om voor dankbaar te wees.10438636_10154370136510179_5480749855529537531_n

Advertisements

2 thoughts on “12. Kaal babatjie, Blou ligte, Toegemaakte ogies…Geelsug!

  1. Ek lees hierd stukkies van jo en dit voel of dit ek is wat my eie storie lees. Presies wanneer jy die geskryf het is my baba op 30weke gebore 29 Apr 15. En het 1.065kg geweeg. Al d emosies en omstandighede en omsekerheid is presies hoe dit is. Mens kan dit vir niemand verduidelik nie. Net iemand wat ook daar deur is sal dit verstaan. En dan sou ek dit ook nie genaak het sonder my rots…my man nie. En natuurlik my Rots, die Here van genade.

    Like

    • Ag Delia…dis so kosbaar om van al hierdie stories te hoor. Ek hoop dit gaan goed met jou babatjie en ja…niemand verstaan nie. 🙂 Ek het maar gevoel ek skryf dit maar neer, en dit het vir my soveel genesing gebring…dat ek nou sommer aanhou. Lekker daggie! en welkom by die blog. xx

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s